Anchen G
Op 59-jarige ouderdom het ek besluit ek is moeg vir diëte. Ek soek ’n alternatief, ’n volhoubare eetplan en leefstyl wat kosse insluit waarvan ek hou en wat fokus op my gesondheid. Ek het verskeie diëte gevolg na my laaste swangerskap. Met elke diët het ek my gewig verloor, want my kop is sterk. My groot probleem was lang naweke en vakansies. Dan het ek sommer lekker weggeval aan alle kosse wat verbode was tydens my diëte. Kos is vir my ’n “social event” en ek het meestal geët totdat ek oorvol was. Toe vertel Sorea my van “Intuitive Eating”. Jy eet waarvan jy hou, geen kossoorte word verbied nie en jy fokus op ’n gesonder liggaam. Geen meer kos “deprivation” nie. Na ons eerste sessie was ek skepties. My fokus was nou om te luister na my liggaam. Wanneer is ek honger en wanneer is ek vol, asook vir watter kos is ek lus. Nadat ek vir 1 week geluister het na my liggaam se behoeftes, het ek gewig verloor, en ek het geët waarvoor ek lus was. Die mees “amazingste” was: omdat ek kon eet waarvoor ek lus was, het ek outomaties minder geët en gesonder keuses gemaak. Vir ongeveer 10 weke het ek elke week gewig verloor sonder om te diët. Toe gaan ons vir 9 weke met vakansie. Waar ek altyd gewig opgetel het tydens vakansies, het ek nou gewig verloor. Dit was vir my die grootste bewys dat “Intuitive Eating” werk. Dis nou my nuwe leefstyl en so bevrydend. Ek sal Sorea 200% aanbeveel.
Read in English
At 59, I decided I was tired of diets. I was looking for a sustainable eating lifestyle that included foods I enjoy and focused on my health. I followed many diets after my last pregnancy, with every diet I lost weight, because my willpower is strong. But my problem was long weekends and holidays. I would indulge in all the forbidden foods. Then Sorea told me about Intuitive Eating. You eat what you enjoy, no food types are forbidden, and you focus on a healthier body. No more food deprivation. After just one week of listening to my body, I had lost weight and had eaten what I wanted, when I wanted. Because I could eat what I felt like, I automatically made healthier choices. For about 10 weeks I lost weight every week without dieting. Then we went on a 9-week holiday. Where I always gained weight on holiday, I now lost weight. That was the biggest proof that Intuitive Eating works. It is now my new lifestyle and so liberating. I recommend Sorea 200%.